Onstaan van Brandpunt Gemeente

Gedurende 2012 het die Here Past. Charl gelei om ‘n jonger-generasie gemeente te stig waar die Gees van die Here vrylik kan beweeg om te troos, te genees en te herstel. Met “jonger-generasie” verwys ons meer na jou hart (gees) as jou ouderdom.

Daarop het verskeie mense die Woord bevestig – Jesaja 43: 1-4, Jesaja 40: 9-11, Jesaja 61: 1-3, Psalm 119: 130, Psalm 103: 20, Sagaria 3: 7, Johannes 15: 16, Romeine 10: 17.

In Januarie 2013 het ‘n gehoorsame kind van God geld oorgeplaas vir Past. Charl en gesê die Here wil hê hy moet doen wat God sê. Gedurende die maand het Past. Charl ‘n droom gehad waar God vir hom die naam BRANDPUNT gegee het en “brand passievol vir God, mekaar en die wêreld”. So het Past.

Charl uit die gemeente waar hy betrokke was bedank en het in ‘n huis begin met die droom van God! Binne die eerste maand het die huis te klein geword en het die Here vir hulle die Eloptro-gebou by Denel in Boksburg gewys.

God se werk was vinnig en binne ‘n maand het God wonder op wonder gedoen en gewys Sy guns en seën op die gemeente!

Die bekendstellingsdiens van die gemeente was op 14 April 2013 geopen deur Pastoor Rudi Coertzen (AGS Oos-Rand Streek Voorsitter) en die aand is ‘n feesvieringsdiens gelei deur die bediening van Danie Botha. Dankie Here vir U Woord wat waar geword het en dag tot dag groei!