Juig Kidz

Ek is in 2004 geestelik weer gebore, my lewe het radikaal verander en God het van daardie jaar konstant deur mense asook in my eie hart dit vasgemaak en bevestig dat ek geroep is tot voltydse bediening en ek het myself ook deurgaans in bediening bevind en my passie om die redding, genade en bemoediging van Jesus, deur watter manier ookal met mense te deel, het bly toeneem.

2014 – Spoel ek en my gesin by Brandpunt gemeente uit deur God se perfekte beplanningen doel wat nie op daardie oomblik so gevoel het nie.

2016 – Raak ek betrokke by die gemeente se kinderbediening as ‘n medewerker onder Lindy vd Linde as leier van die bediening.

Na ongeveer 6 maande volg ek Lindy op as hoof vd bediening en begin ‘n wonderlike, uitdagende en vervullende reis saam God en God se span mense om die kinderbediening verder te laat groei en daarmee saam het ek ook onvermydelike groei beleef.

Die lengte van verskillende seisoene in ‘n mens se lewe verskil almal, party is verskriklik kort
en ander weer langer en dit is eintlik die transformasie wat in jou hart plaasvind wat meer
belangrik is as die lengte van die seisoen, want ek glo sodra God Sy doel in en deur jou
bereik het op ‘n spesifieke plek, sal Hy die deur na die volgende seisoen oopmaak. Om
dieper wortel te skiet of om uitgeplant te word, hierdie besluit is alleen God sin en vir Hom
om Sy werk te voltooi in en deur jou.

In elke seisoen en tyd van my lewe en wandel saam God, is ek met my hele hart en wese
toegewyd en aktief betrokke en bewus van dit wat God wil doen. Netso is ek in hierdie tyd
totaal toegewyd daaraan om God se wil en woord tot vervulling te sien kom in die
kinderbediening en die kinders se lewens.

Vir my is kinderbediening en/of enige bediening nie ‘n ‘stepping stone’ om ‘n ander posisie te
bereik nie, maar glo ek dat kerk vir kinders of kinderkerk op gelyke voet staan met hoe kerk
vir volwassenes behoort te lyk en wees volgens God se duidelike begeerte in die bybel.
Kinders is gelowiges en gelowiges moet die liefde en krag van God beleef en uitleef.

Kinders moet tot wedergeboorte kom, Jesus passievol volg, met die Heilige Gees gedoop
word en hul geloof uitleef deur die evangelie met ander te deel, vir siekes te bid, die gawes
vd Heilige Gees sien werk in en deur hulle lewens, profeteer, groot geloof uitoefen, demone
uitdryf en groot kragtige werk vir ons Koning Jesus doen.

Ek glo dat God in hierdie seisoen my gebruik om die nodige strukture en sisteme in plek te
bring om Sy doel vir die kinderbediening tot vervulling te sien kom en vir toekomstige leiers
en generasies om verder op te bou.

Alles omtrent die kinderbediening het met tyd in gebed, deeglike beplanning en praktiese
beoefening, faal, weer probeer en baie uithouvermoe tot stand gekom en absoluut deur ‘n
groep toegewyde en passievolle mense as medewerker span van die kinderbediening.

Ek is opgewonde en dankbaar vir waar die kinderbediening nou is, maar meer oor waarheen
dit gaan.

V I S I E
Om kinders so te lei en leer in die WOORD VAN GOD,
sodat hulle God se teenwoordigheid BELEEF,
afhanklik van Hom LEEF,
en hul geloof radikaal UITLEEF!

W A A R D E S
Respek
Liefde
Omgee
Spanwerk

F O N D A S I E

God se Woord
Psalm 119:105; 2 Timoteus 3:16; Johannes 17:17; Hebreërs 4:12

God se Gees
2 Korintiërs 3:17; Handelinge 1:8; Sagaria 4:6

God se Gawes
Efesiërs 4:12; 1 Korintiërs 12; 1 Korintiërs 14:3

God se Wapens
2 Korintiërs 10:3-6; Efesiërs 6:10-19; Jakobus 4:7&5:16b; Psalm 8:3&22:4; 1 Thessalonisense 5:18

Huidige fokus punte:

Matteus 5:8 (83)
Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Om die korrekte FOKUS te behou
Spr 3:5-7 (NLV)
Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van
God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou
eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.

GEBED
Die Bybel & geskiedenis leer ons dat gebed, groot bewegings soos herlewings en wonderwerke van
God voorgeloop het.

PRAISE & WORSHIP
Om as span en by die kinders die seën van ware vrye en spontane aanbidding te kweek en vestig
Ps 22:4 (53)
Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
Ps 22:3 (KJV)
But thou art holy, O thou that inhabitest the praises of Israel.
Ps 22:3 (AMPC)
But You are holy, O You Who dwell in [the holy place where] the praises of Israel [are offered].

EENHEID
Om die eenheid as span met een Godgegewe doel te beskerm
Psalms 133:1, 3 NIV
How good and pleasant it is when God’s people live together in unity!
It is as if the dew of Hermon were falling on Mount Zion. For there the Lord bestows his blessing, even
life forevermore.
Acts 2:1 NKJV
When the Day of Pentecost had fully come, they were all with one accord in one place.

Areas binne bediening waaraan aandag gegee moet word:
– Evangelisasie van kinders en hulle gesinne in ons gemeenskap
– Uitreike
– Poppekas
– Konneksie met ouers (gesinne) om geestelike groei van kinders verder te versterk