Onstaan van Brandpunt Gemeente.
Gedurende 2012 het die Here Jesaja 60 en 61 vir Past. Charl gegee om ‘n jonger-generasie
gemeente te begin waar die Gees van die Here vrylik kan beweeg om te red, genees en te
herstel. Met jonger-generasie verwys ons meer na jou hart (gees) as jou ouderdom.
Daarop het verskeie mense die Woord bevestig – Jesaja 43: 1-4, Jesaja 40: 9-11, Jesaja 61: 1-3,
Psalm 119: 130, Psalm 103: 20, Sagaria 3: 7, Johannes 15: 16, Romeine 10: 17
Januarie 2013 het ‘n gehoorsame kind van God geld oorgeplaas vir Past. Charl en gesê die
Here wil hê hy moet doen wat God sê. Gedurende die maand het Past. Charl ‘n droom gehad
waar God vir hom die naam BRANDPUNT gegee het en “brand passievol vir God, mekaar en
die wêreld”.
So het Past. Charl uit die gemeente waar hy betrokke was bedank en het in ‘n huis begin met
die droom van God! Binne die eerste maand het die huis te klein geword en het die Here vir
hulle die Eloptro-gebou by Denel gewys.

God se werk was vinnig en binne ‘n maand het God wonderwerk op wonderwerk gedoen en
gewys Sy guns en seën op die gemeente!
Gemeente se bekendstellingsdiens is 14 April 2013 geopen deur Pastoor Rudi Coertzen
(AGS Oos-Rand Streek Voorsitter) en die aand ‘n feesvieringsdiens gelei deur die bediening
van Danie Botha. Dankie Here vir U Woord wat waar geword het en dag tot dag groei!