Bedieninge

Wat is bedieninge?

Jou bydrae maak ‘n groot verskil! Niks hiervan is moontlik sonder die saamwerking van die liggaam van Christus nie. Hier bied ons ‘n geleentheid vir jou om jou gawes en vaardighede tydens ons dienste te gebruik om ‘n ruimte te skep waarin God mense se lewens kan verander. Ons hoop dat jy, as ‘n volgeling van Christus, nie net sal groei nie, maar ook verhoudings sal bou wat die wêreld om ons heen positief sal beïnvloed.

Waar kan ek betrokke raak?

Daar is ses departemente wat al ons bedieninge saamvat. Elke departement beskryf waar jy jou gawe en vaardighede kan gebruik:

Verwelkomingskomitee

(Hier word dit van jou verwag om met ons gaste te werk.)

  • Verwelkomingspan (Verwelkom mense.)
  • Gidsspan (Bedien mense deur offerhandes aan te wys en op te neem.)
  • Gasvryheidspan (Bedien mense met gasvryheid)

Gebedspan (Bid vir mense, dienste en krisisse.)

Produksiespan

(Hier word dit van jou verwag om musikale/tegniese vaardighede te gebruik.)

  • Kameraspan (Fotografie, videografie en kameraoperateur.)
  • Aanbiddingspan (Om mense met jou talente en gawes te bedien wanneer aanbidding ter sprake is.)
  • Programmeringspan (Tegniese vaardighede benodig om ons dienste te laat gebeur.)

Tjokkers (Kinderkerk 3 – 8 jaar)

 

Hier word kinders tussen die ouderdomme van 3-8 jaar bedien. Ons wil jou gebruik om die volgende generasie in die huis van die Here groot te maak!
Plekke waar jy betrokke kan raak:

  • Aanbieding (Hier is waar die kinders almal bymekaarkom en dit word van jou verwag om vir hulle die Woord te bedien wat deur die Bedieningshoof voorsien word.)
  • Helpers (Kinders kom bymekaar en hier is vir jou die geleentheid om in kinders te bedien.)

Juig Kidz (Kinderkerk 9 – 12 jaar)

Hier word kinders tussen die ouderdomme 9-12 jaar bedien. Ons wil jou gebruik om die volgende generasie in die huis van die Here groot te maak!
Plekke waar jy betrokke kan raak:

  • Aanbieding (Hier is waar die kinders almal bymekaarkom en dit word van jou verwag om vir hulle die Woord te bedien wat deur die Bedieningshoof voorsien word.)
  • Helpers (Kinders kom bymekaar en hier is vir jou die geleentheid om in kinders te bedien.)
  • Produksiespan (Die belewenis van die diens word deur jou gawes moontlik gemaak. Hier word jy benodig om agter die skerms met tegniese vaardighede die kinders in ons wêreld te betrek.)