Die Wêreld
Read MoreVerse waarop ons staan
JESAJA 60:1-3 & JESAJA 61:1-3
ONS IS 'N LIG VIR DIE NASIES WAT GOD VERHEERLIK.
VERLOSSING VIR ALMAL. TROOS, GENESING, HERSTEL
Read More
OPKOMENDE
GEBEURE
BrandPunt Gemeente Boksburg
Brandpunt Gemeente is ‘n kerk in Boksburg, geleë in die Oos-Rand van Gauteng. Ons Sondagoggenddienste vind plaas in die Eloptro-gebou van Denel op 43 De Havilland Ave, Impala Park, Boksburg.
Met goeie finansiële en numeriese groei oor die jare het die gemeente in werklikheid ‘n hoogtepunt bereik in 2019, toe ons fasiliteite maksimum kapasiteit bereik het.
Hierdie periode van eksponensiële groei het ons leierskap aangespoor om ‘n groeistrategie te oorweeg om te verseker dat elke gemeentelid effektief toegerus en bedien word
Onstaan van Brandpunt Gemeente
In 2012 het die Here Jesaja 60 en 61 vir Past. Charl gegee om ‘n jonger-generasie gemeente te begin waar die Gees van die Here vrylik kan beweeg om te troos, te genees en te herstel. Met jonger-generasie verwys ons meer na jou hart (gees) as jou ouderdom.
Ons is ‘n kerk wat lief is vir mense, ons harte brand passievol vir God vir Mekaar en vir die Wêreld. Ons passie vir God bly ons grootste begeerte en verantwoordelikheid waaruit alles in ons lewens vloei, sodat God se teenwoordigheid sigbaar kan word vir almal rondom ons. Hierdie missie sal bereik word deur persoonlike gebedslewe en gehoorsaamheid aan God se Woord.
By BrandPunt Gemeente is daar ‘n verskeidenheid van bedieninge wat op jou deelname wag. Mans- en Vrouegroepe bied ‘n plek waar jy kan groei en deel kan wees van ‘n ondersteuningsgroep. Ons Gebedsgroep versterk jou geloof deur die krag van gebed. Ons het ook ‘n paar Belangegroepe waar jy kan deelneem aan aktiwiteite soos Hengel of Meraki.
Pastoor Charl van der Linde is die Presiderende Pastoor van BrandPunt Gemeente Boksburg vir die laaste 11 jaar. Hy is getroud met Lindy van der Linde en hulle het twee pragtige kinders, Charne en Lené.
Uit die pen van ons Pastoor
“Ek is opgewonde om te sien hoe u geestelik gaan groei en dat u ‘n plek in die liggaam van Christus sal ontdek. Ek glo net soos u fisiese liggaam aktief moet wees om gesond te bly, so moet u geestelik aktief wees om geestelik gesond te bly.”